Gevangenes in Suid-Afrika se tronke wil van vandag af ophou eet, totdat daar aan hule eise voldoen word.

Die landwye hongerstaking – wat luidens sosialemedia, ‘n inisiatief van gevangenes in die Mangaung-tronk is – moet skynbaar nie net die kollig skyn op die gebruik van skootrekenaars nie, maar ook “op ander kwessies” wat glo gevanegenes se regte skend.

IOL berig die Suid-Afrikaanse gevangenesregte-aktivis Golden Miles Bhudu, het sy steun aan die landwye hongerstaking toegesê.

Volgens Bhudu wil niemand na bewering luister na dit wat die gevangenes te sê het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×