Wanneer gedagtes oor selfmoord en die dood in jou gemoed maal, is dit tyd om dringend hulp te kry.

Die oud-Bloemfonteiner en radio-persoonlikheid, Carina van Heerde, het vanoggend in Rosestad-Soeklig gesê, haar paadjie het talle raakpunte
met dié van die veroordeelde moordenaar, Lauren Dickason.

Carina en die gesin se twee dogtertjies het hulle vroeër in Kanada gevestig.

Sy het mettertyd met aanhoudende gedagtes oor die dood en selfmoord geworstel.

Dit was egter toe sy wonder hoe sy haar dogtertjies sou kon agterlaat, dat sy wérklik besef het daar is groot fout.

Vandag se eksklusiewe onderhoud met Rosestad 100.6FM was die eerste keer dat Carina openlik hieroor praat.

Besoek www.rosestad.co.za vir die podsending.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×