Centlec waarsku oor ‘n selfoonoproep-slenter, waarvolgens misdadigers R3 000 boetegeld van sy kliënte eis, omdat daar glo met hulle elektrisiteitsmeter gepeuter is.

Die kragverskaffer, waarvan die Mangaung-metro die alleen-eienaar is, sê mense word deur die booswigte gedreig dat hulle kragtoevoer gestaak sal word indien die geld nie
betaal word nie. Luidens ‘n verklaring word Centlec-werknemers nie toegelaat om kliënte vir kontantbetalings vir enige van sy dienste te vra nie.

Oproepe wat met die boete-slenter verband hou, word gemaak van ‘n selfoonnommer wat met 5-2-6-5 eindig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×