Toegang tot selfoonrekords en bankstate van Julius Swart – die vervreemde eggenoot van die sogenaamde Glam Guru, Hannon Bothma – kan dalk lig op Swart se verdwyning werp.

Netwerk24 berig volgens speursersant Phillip Munyai, is dit belangrik om uit te vind waar hy rondbeweeg, sedert hy glo twee maande gelede spoorloos verdwyn het. Verskeie
wenke is blykbaar ontvang nadat die Pink Ladies-organisasie eergister ‘n kennisgewing oor Swart se verdwyning geplaas het.

Beeldmateriaal van kringtelevisie dui daarop dat hy moontlik in Noordwes kan wees, maar dit is nog nie bevestig nie. Bothma en Swart is in 2018 getroud. Die huwelik is na bewering sedert 2022 op die rotse, met die twee mans wat sedertdien in ‘n stormagtige egskeidingsgeding gewikkel is.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×