Volgens Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, loop Ferreira die afgelope twee weke onder vandalisme en diefstal deur, waar selfs die kragpale afgekap en gesteel is.
In ‘n aanlynplasing versoek Centlec die gemeenskap om waaksaam te wees en om dié voorvalle te rapporteer. Intussen is beurtkrag na fase-4 verminder.
Dit volg, volgens Eskom, op die suksesvolle herwinning van al vyf eenhede by Majuba, twee eenhede by Camden, en ‘n eenheid by Medupi.
Hulle voeg by die aanvulling van die noodreserwes vorder ook goed. Eskom sal na verwagting vanmiddag ‘n vorderingsverslag verskaf.