Dokter Joe Phaahla, minister van gesondheid, sê sy departement bly verbind tot die totale uitwissing van tuberkulose.
Volgens hom het die aantal TB-gevalle in Suid-Afrika, van meer as 644 000 in 2007, tot ongeveer 280 000 in 2022 afgeneem.
Hoewel daar die afgelope jare beduidende vordering gemaak is, meen Phaahla daar steeds veel meer wat in die stryd teen tuberkulose gedoen kan word.