Dit blyk dat selfs die Pous, nie Oekraine kan oorhaal om verdesamesprekings met Rusland te voer nie . . . Oekraïne het pous Franciscus se oproep om vir ‘n wapenstilstand met Rusland te onderhandel verwerp.

Volgens die Pous behoort Oekraïne die moed te hê om met Rusland te onderhandel, sodat die oorlog kan stop. DIt was verlede maand reeds twee jaar sedert Rusland Oekraïne binnegeval het. Duisende mense is reeds in die oorlog dood en, miljoene ander ontheem.

Intussen verdedig die SAKP Suid-Afrika se verhouding met Rusland, China en Kuba. Die SAKP het ook sy steun aan die ANC herbevestig as deel van ‘n moontlike drieparty-
alliansie. Die SAKP het die veelparty-handves gekritiseer omdat hy Europese lande, asook Amerika, genader het om verkiesingswaarnemers te word.

Die party se sekretaris-generaal, Solly Mapaila, sê Europa en Amerika het nie die stryd teen apartheid gesteun nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×