Media24 oorweeg dit om die gedrukte uitgawes van vyf koerante te staak, waarvan slegs drie digitaal sal voortbestaan. Selfs die digitale uitgawes van Volksblad en die Burger Oos-Kaap sal volgens die huidige planne in die hek duik.
Tot soveel as 400 poste kan in die slag bly – met nog 400 ander poste, wat oorgeplaas sal word wanneer die media-reus sy gemeenskapskoerante, volgens plan aan Novus Holdings verkoop. Sekere van die planne lyk soos volg: Die sluit van die gedrukte uitgawes van Beeld, Rapport, City Press, Daily Sun en Soccer Laduma. Dan, behou: Rapport, City Press en Daily Sun – maar slegs as digitale handelsmerke.