Senekal: Boer is in die landroshof borgtog geweier

Die 51-jarige boer wat tans weens die geweld verlede week op Senekal aangehou word, is in die landroshof daar borgtog geweier.

Netwerk24 berig dat dit volgens landros Buti Mlangeni onseker is of Andre Pienaar weens sy bipolere gemoedsversteuring beheer kan word as hy op borgtog vrygelaat word.

Daar is glo ook videomateriaal wat wys hoe Pienaar ‘n vroulike polisielid wurg, wat dui op geslagsgeweld.

Soos die geval verlede Vrydag was met Pienaar se eerste hofverskyning, was daar vandag weer ‘n sterk polisie-teenwoordigheid.

Pienaar se vrou, Talitha, is uit die hof gelei nadat sy histeries geraak het omdat twee lede van die polisie se spesiale ondersoekeenheid haar uitgelag het.

Luister na potgooie hieronder