’n Senior lid van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) is in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Luidens ’n polisieverklaring word hy beskuldig van die moord op sy vrou, Dineo Matlakeng, in 2022.

Die voorval het op 20 November 2022 in Hillside View plaasgevind, waar Matlakeng noodlottig gewond is tydens ’n huishoudelike geskil.

Ná ’n ondersoek het die Direkteur van Openbare Vervolgings ’n lasbrief vir die verdagte se inhegtenisneming uitgereik.

Die verdagte, Kleinbooi Mote Matlakeng, het homself aan die polisie oorgegee en hy het reeds in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Sy saak is tot 24 Maart 2025 uitgestel, en hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die polisie werk saam met OPOD se hoofkantoor met betrekking tot verdere interne prosesse.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×