Die leier van die EFF, Julius Malema, sê die feit dat sommige senior partyleiers bedank het, beteken nie dat dit die begin van die einde vir sy party is nie. Die mees onlangse bedanking onder senior geledere is dié van Dali Mpofu, wat die EFF se nasionale voorsitter was. Voor dit het die voormalige adjunk-president, Floyd Shivhambu, die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane en ook Mzwanele Manyi die Rooi Barette verlaat. Malema het aan SAUK-nuus gesê hulle vertrek beteken nie dat die party besig is om in duie te stort nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×