Senior Amerikaanse Demokratiese en Republikeinse wetgewers het in ‘n brief aan president Joe Biden se administrasie ‘n versoek gerig dat die Agoa die forum, wat handel oor die Afrika groei en geleenthede wet, elders in Afrika aangebied word.

Die geleentheid is veronderstel om later vanjaar in Suid-Afrika plaas te vind.

Maroela Media berig die wetgewers het in hul brief gesê Suid-Afrika behoort gestraf te word vir sy volgehoue steun aan Rusland.

Hulle bevraagteken of ‘n land wat die gevaar loop om Agoa voordele te verloor, die voorreg moet hê om die 2023 Agoa-forum aan te bied. Solidariteit sê die brief voorspel niks goeds vir Suid-Afrika nie en dat die land reeds volgende jaar sy Agoa-voordele kwyt kan wees.

Dié ooreenkoms bied aan Afrika-lande, suid van die Sahara belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark vir meer as 1800 produkte.

Suid-Afrika oortree blatant die vereistes van die Agoa-wetgewing, aldus Solidariteit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×