Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein se rektor terug in pos

Prof. Henk de Jager, vise-kanselier en rektor van die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein, se voorlopige skorsing is opgehef berig Netwerk24.

De Jager se aansoek word vandag van die rol in die hoggeregshof in Bloemfontein verwyder.

Regter Fouché Jordaan het beslis dat die aansoek nou irrelevant is omdat albei partye Donderdag ooreengekom het die 90 dae skorsing van De Jager verstreke is.

Jordaan het ook beslis dat De Jager se regskostes deur die respondente betaal moet word.

Jordaan het egter De Jager se aansoek om die SUT-raad te verplig om ‘n ondersoek teen hom se verslag bekend te maak van die hand gewys, en gesê daar is nie ‘n behoorlike saak uitgemaak oor watter verslag dit is nie.

De Jager sal vandag terugkeer werk toe.

Luister na potgooie hieronder