Daar is reeds vroeg vandeesmaand berig oor die moontlikheid van reuse brandstofprysstygings in September.

Volgens IOL lyk die vooruitskattings nou selfs slegter as toe.

Die jongste vooruitskouings dui daarop dat petrol met tot soveel as R1,60 per liter kan styg en diesel met tot R2,75.

Die amptelike petrol-en dieselpryse vir September sal na verwagting Maandag, 4 September, deur die departement van minerale bronne en energie bekend gemaak word.

Die nuwe pryse sal op 6 September in werking tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×