Huidige vooruitskattings dui op reuse-brandstofprysstygings in September.

Indien die pryse vandag vasgestel sou word, sou petrol met tot soveel as R1,33 styg en diesel met tot R2,57 per liter.

Indien dit werklikheid word, sal dit die grootste enkele dieselprysstyging óóit wees, en vir petrol die skerpste styging in meer as ‘n jaar.

Konstante skerp stygings van internasionale brandstofpryse en ‘n swakker rand, is van die faktore wat die prysvasstelling beïnvloed.

Die oorsigmaand vir September eindig op 31 Augustus.

Hoewel die syfers dus nog kan verander, reken kenners dat stygings ‘n gegewe is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×