Die Verkiesingshof sal Vrydag ses appelle van politieke partye aanhoor oor hul deelname aan die Mei-verkiesing.

Dit sluit in ‘n appèl van die MK-party oor oudpresident Jacob Zuma se uitsluiting om as kandidaat in die verkiesing op 29 Mei te staan. SABC-nuus berig die Verkiesingskommissie het Donderdag hofdokumente ingedien in antwoord op die MK-party se appèl.

LEES MEER: OVK verwyder Zuma se naam van MK-kandidatelys

Die kommissie het Zuma gediskwalifiseer om ‘n parlementslid te word weens sy skuldigbevinding en tronkstraf wat hy in 2021 opgelê is vir minagting van die hof. Na die afhandeling van die hofproses sal die lys van politieke partye wat aan verkiesing sal deelneem gefinaliseer word.

Na verwagting sal sowat 55 partye aan die verkiesing deelneem.

error: Inhoud is beskerm !!