Ses huidige ministers se name verskyn nie op die finale lyste van lede vir die Nasionale Vergadering nie.
Dit sluit ministers soos Bheki Cele, doktor Naledi Pandor en Thandi Modise in.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die lyste Woensdag gepubliseer.
As Cyril Ramaphosa weer tot president verkies word, moet hy as LP bedank wat nog ʼn plek vir ʼn LP oopmaak en hy kan dan ook kragtens die Grondwet ʼn maksimum van twee kabinetslede wat nie LP’s is nie, as minister verkies.
Dit maak nog plekke oop vir van die ministers wat nie op die LP-lys is nie.