‘n Ses maande oue babatjie van Despatch in die Oos-Kaap, is dood nadat sy na bewering ure lank deur haar ma in die kar vergeet is.

Maroela Media meld toe die ma uiteindelik besef sy het glo van haar baba vergeet, het sy na die hospitaal gejaag, waar die kind dood verklaar is.

Kolonel Priscilla Naidu, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die 34-jarige ma het haar driejarige seuntjie vroegoggend by dagsorg afgelaai, voordat sy terug huis toe is met die babadogtertjie.

Sy is na bewering teen middagete-tyd na ʼn haarsalon, en het hierna haar seuntjie by die dagsorg gaan oplaai.

Die ma het skynbaar toe eers besef dat sy nooit haar dogtertjie uit die kar gehaal het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×