Die polisie in KwaZulu-Natal het bevestig dat ses verdagtes in die vroeë oggendure doodgeskiet is tydens ‘n skietery met die polisie in Inanda in Durban. Die polisie sê in ‘n verklaring dat speurders op intelligensie gereageer het oor waar die verdagtes hulle bevind het. Hulle is gesoek vir ‘n vlaag van huisrowe, moord, sakeroof en motorkapings. Nog drie verdagtes – twee mans en ‘n 31-jarige vrou – is in hegtenis geneem. Slegs een polisiebeampte is beseer toe sy hand in die skietery getref is.