Die oudleerling van ’n laerskool in Nashville, Tennessee, wat na bewering Maandag ses mense by ‘n skool hier doodgeskiet het, het glo behandeling vir ’n
“emosionele versteuring” ontvang.
Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig drie kinders en drie volwassenes is in die aanval by die Covenant School in Nashville, vermoedelik deur die 28-jarige Audrey Elizabeth Hale doodgeskiet.
Sky News berig die vermeende moordenaar is later op die toneel deur die polisie doodgeskiet.
Sy was na bewering gewapen met twee aanvalsgewere en ’n pistool.
Die owerhede probeer nog die motief vir die aanval vasstel.
Daar is Maandag genoem dat Hale as transgender geïdentifiseer het.
Die vermoede bestaan dat sy dalk ’n wrok teen haar Alma Mater gekoester het.