Ses mense het gister in twee onderskeidelike ongelukke op Vrystaatse paaie gesterf. In die eerste geval het twee minibus taxi’s sowat 10 km buite Bloemfontein op die N6 gebots.  Maroela Media berig vyf mense is op die toneel dood verklaar insluitend die twee taxi bestuurders.  In die tweede insident was vier motors en ‘n vragmotor betrokke in ‘n kettingbotsing op die N3.  Een persoon is dood en die N3 was albei kante gesluit vir n geruime tyd.  Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag in beide ongelukke.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×