Ses verdagtes sal na verwagting vandag in die Kaapstadse-streekhof verskyn vir die besit van ongelisensieerde perlemoen ter waarde van twee-komma-agt-miljoen rand.

Die ses is Sondag in Kaapstad deur die Valke in hegtenis geneem.

Die verdagtes is met sewe sakke perlemoen in een van hul voertuie betrap.

Verdere ondersoek het die beamptes na Milnerton gelei waar ‘n onwettige perlemoenverwerkingsfasiliteit ontdek is.

‘n Valke-woordvoerder Zinzi Hani sê die beamptes het beslag gelê op ‘n groot hoeveelheid nat en droë perlemoen asook perlemoenverwerkingstoerusting by die huis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×