Die premier van die Vrystaat, Mxolisi Dukwana, skole in die provinsie en honderde ander mense het hul medelye en skok uitgespreek nadat ses leerders gesterf het tydens ‘n skoolbus ongeluk. Die ongeluk het volgens Maroela Media gebeur toe die bus van die Riebeeckstad Hoërskool waarin hulle gereis het, op die R70 Venterburg-Senekal pad, sowat 30km buite Venterburg omgeslaan het.
Die leerders van die skool was oppad terug van ‘n buitelugbyeenkoms by die Moolmanshoek natuurreservaat Riebeeckstad toe. Luidens ‘n verklaring van die premierskantoor is vier meisies in ‘n kritieke toestand, ses in ‘n matige toestand en 40 het ligte beserings opgedoen. ‘n Wiel van die bus het glo losgekom en die bestuurder het beheer oor die bus verloor waarna dit omgeslaan het. Die name van die oorledenes was teen laat gisteraand nog nie bekendgemaak nie.
1 Comment
Comments are closed.