Die George-munisipaliteit het vroeër vanoggend die dood van 32 mense in die konstruksieramp in Victoriastraat bevestig. Netwerk24 berig ses van die oorledenes was vroue. Nooddienstespanne werk sedert verlede Maandagmiddag – toe die woonstelblok op die bouperseel ineengestort het – sonder ophou. Daar word steeds na 20 mense gesoek,
terwyl twaalf mense mediesesorg in die hospitaal ontvang. Altesaam 81 mense was ten tyde van die voorval op die bouterrein.

Intussen doen die National Coloured Congress ’n uiters dringende beroep op owerhede, vir ’n deeglike ondersoek na die oorsaak van die ineenstorting van die vyfverdiepinggebou. Paul Bester, Wes-Kaapse NCC-sekretaris, sê geregtigheid moet geskied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×