Ses uitsonderlike Bloemfonteiners is gehuldig vir die rol wat hulle in die gemeenskap vertolk het

Ses uitsonderlike Bloemfonteiners is gehuldig vir die rol wat hulle in die gemeenskap vertolk het.

Netwerk24 berig dat DA-raadslid prof. Fief van der Merwe op ‘n raadsvergadering van die Mangaung Metro die huldiging gedoen het.

Prof Klaus von Delft, afgetrede Duitse proffessor aan die UV, is vir sy werk in die gemeenskap gehuldig, terwyl Leana Lategan gehuldig is vir die 41 jaar se harde werk wat sy by NALN (die Nasionale Afrikaanse Letterkundemuseum en Navorsingsentrum) gedoen het.

Prof Nico Luwes, afgetrede hoof van drama en kuns by die UV, is gelukgewens met die eerbewys wat hy van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang het asook prof. Das Steyn wat op die gebied vir stads- en streeksbeplanning.

Harold Verster, die Cheetahs se uitvoerende hoof, en dr. Huibrie Verster van die Bloemfonteinse Kinderkoor is ook vir hul bydraes vereer.

Luister na potgooie hieronder