Ses mans van Gauteng, is gistermiddag naby Bothaville, in verband met gister se gewelddadige transitorooftog in Bloemfontein in hegtenis geneem.
Polisiewoordvoerder, kaptein Stephen Thakeng, sê die verdagtes is gistermiddag, ná ‘n jaagtog deur die polisie, asook private sekuriteitsmaatskappye, aangekeer.
Die verdagtes, wie tussen 35 en 45 jaar oud is, was insittendes van ‘n wit bakkie met Gauteng-nommerplate.
Die polisie het beslag gelê op outomatiese vuurwapens, wat in die mans se besit gevind is.
Die skote het omstreeks sesuur gisteroggend op die hoek van Mill- en Vooruitsigstraat in Hamilton geklap, toe swaar gewapende mans op die polisie losgebrand het, nadat die verdagtes ‘n geldwa van ‘n onbekende bedrag geld beroof het.
Die veiligheidswagte in die geldwa is van hul vuurwapens gestroop. Sover bekend is niemand in die rooftog beseer nie.