Die polisie is op soek na ses verdagtes wat na bewering in die vroeë oggendure vandag ’n bejaarde egpaar op hul plaas in die Frankfort-distrik oorval en beroof het.

Luidens ‘n polisieverklaring het die egpaar wakker geword terwyl ‘n groep onbekende mans in hul slaapkamer op die plaas Heine, tussen Frankfort en Heilbron, was.

Die verdagtes het die 78-jarige vrou, haar man, wat 74 is, en ‘n werknemer, wat 48 jaar oud is en by hulle in die huis bly, oorrompel. Die verdagtes het hulle vasgebind en die huis geplunder, op soek na geld en vuurwapens.

Die verdagtes het met huishoudelike items, twee handwapens, ‘n haelgeweer en die boer se bakkie gevlug. Die bakkie is intussen verlate in ‘n veld gevind, maar die vuurwapens word steeds vermis. Niemand is ernstig beseer nie, en polisie is was teen vroeg vanmiddag steeds op die toneel waar hulle ook alle moontlike leidrade opvolg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×