Ses verdagtes is deur die polisie in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde wapens en ammunisie tydens ‘n padblokkade op die R702 tussen die Lesotho-grenspos en Bloemfontein. Verskeie eenhede van die polisie en immigrasie beamptes het op die donkerkleurige Toyota Fortuner toegeslaan wat sonder nommerplate gery het. Die woordvoerder van die polisie, Lt Col Thabo Covane, het gesê die insittendes van die voertuig is ondersoek en beslag is gelê op ‘n 9mm Bertetta pistool gelaai met 12 rondtes, ‘n silwer KWC pistool met twee rondtes wat in die voertuig versteek was, asook ‘n Blow F92 met 10 rondtes, weggesteek in ‘n blou baadjie. Die polisie het afgekom op nog ‘n vuurwapen, ‘n swart Taurus pistool gelaai met tien rondtes. ‘n Polisie baadjie, boeie, pepper sproei en ‘n polisie lêer met inligting oor minerale is ook in die voertuig gevind. Covane het gesê dit is duidelik die verdagtes wou hulself voordoen as polisiebeamptes. Twee van die verdagtes is buitelanders. Die ses verdagtes sal binnekort in die hof in Bloemfontein verskyn. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×