Ses verdagtes, wie hulself na bewering as polisiebeamptes voordoen, is deur die polisie in die Vrystaat in hegtenis geneem.
Ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is in hulle besit gevind by ‘n padblokkade op die R702 tussen die Lesotho-grenspos en Bloemfontein.
Woordvoerder van die polisie, Luitenant-kolonel Thabo Covane, het gesê ‘n polisie-baadjie, boeie, pepersproei en polisie-inligting, is ook in die voertuig gevind.
Daar is beslag gelê op ‘n 9mm Beretta-pistool, ‘n silwerkleurige KWC-pistool, ‘n Taurus-pistool, asook ‘n Blow F-92. Twee van die ses is buitelanders.
Al ses verskyn binnekort in die hof.