Die sestig sake van korrupsie en bedrog in die Vrystaat wat deur die Valke ondersoek word, is naas Noordwes se 64 sake, die meeste van al die provinsies in die land.  Elf sake is tans op die hofrol, 12 is reeds aan die Nasionale Vervolgingsgesag, of NVG, vir beslissing oorhandig en 37 word tans ondersoek. So het David van Vuuren, DA lid van die Vrystaatse wetgewer gesê. Hy sê die DA verwelkom die Valke se ondersoek na korrupsie in die Vrystaat. ‘n Voorlegging is Dinsdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake, of Cogta, oor korrupsieverwante sake in munisipaliteite gedoen. Dertien sake word tans by die Maluti-a-Phofung munisipaliteit, wat Qwa-Qwa en Harrismaith insluit, ondersoek. Dit is die meeste sake wat by enige munisipaliteit in die land ondersoek word. Die sake in die Vrystaat behels R79 miljoen se beweerde bedrog en korrupsie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×