Vier mense sal in aanhouding bly na ‘n vlugtige Bloemfonteinse hofuitspraak vandag. Hulle word beskuldig van poging tot moord ná die aanranding van ‘n 2-jarige seuntjie.
Parkweg-polisie is ontbied nadat die seun na Pelenomi geneem is. Gedurende hul ondersoek is die seun se ma, haar kêrel, ‘n vriend van die ma en sy verloofde gearresteer.
Die wonde was van so ’n erge graad dat die aanklag van aanranding na poging tot moord verander is. Die seun is nou veilig, terwyl die verdagtes in aanhouding gehou sal word tot Dinsdag, wanneer hul aansoek om borgtog voorgekom sal word.
1 Comment
Comments are closed.