Sewe gewapende rowers het vanoggend tussen nege en tien op ‘n elektroniesewarewinkel in Fleurdal in Bloemfontein toegesak.

Twee van die vyf verdagtes is reeds deur die Suid-Afrikaanse polisiediens in hegetenis geneem.

Die ander vyf het in ‘n wit minibussie van die toneel weggejaag.

Hoewel die rowers met elektroniese ware op die vlug geslaan het, is die omvang en waarde van die buit nie in hierdie stadium bekend nie.

Private sekuriteitsmaatskappye, asook die Fichardtpark-woonbuurt-assosiasie, het die polisie bygestaan.

Die vermeende rowers sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op klagte wat met gewapende roof verband hou.

Niemand is ernstig in die voorval beseer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×