Sewe mense is by verskeie plekke in Bloemfontein in hegtenis geneem rakande gister (Saterdag) se transitorooftog in die stad.

Die polisie se Kapt Loraine Earle sê in ‘n verklaring die verdagtes was in ‘n luukse voertuig toe die kontantwa onderskep is. Dit voorval het helder oordag buite ‘n inkopiesentrum in die metro gebeur, waartydens ‘n onbekende bedrag kontant geroof is.

LEES MEER: Verdagtes steeds soek na ‘n transitorooftog in Bloemfontein

Earle sê die polisie het deur sy multidissiplinêre benadering meer stewels op die grond ontplooi om die speurders te ondersteun om die verdagtes op te spoor. Hulle het deurnag gewerk en sewe verdagtes is op verskillende plekke rondom Mangaung opgespoor waar hulle weggekruip het en aangekeer is.

Die geld wat vermoedelik tydens die voorval gebuit is asook ‘n AK 47-geweer en ‘n pistool, dertig patrone en twee voertuie is ook tydens hierdie operasie deur die span teruggevind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×