Sewe onderwysers van laerskool Universitas in self isolasie na ‘n jaguitstappie

 Sewe onderwysers van laerskool Universitas in self isolasie na ‘n jaguitstappie

Ouers van die laerskool Universitas in Bloemfontein vra vrae nadat sewe onderwysers van die skool in self isolasie geplaas is as gevolg van moontlike
blootstelling aan Covid-19, na n jaguitstappie voorverlede naweek in die Brandfort distrik.

Een van die sewe is positief vir Covid-19 getoets nadat die wildplaas-gasheer hulle agterna laat weet het hy is positief getoets.

Volgens Netwerk24 sit al die onderwysers op ‘n facebook foto saam met die gasheer om ‘n bok wat hulle geskiet het, sonder enige maskers of sosiale afstand.

Bekommerde ouers sê die onderwysers was al vier dae lank terug by die skool voordat die een getoets is.

Neels Gunter, skoolhoof, sê die skool het nie die jagtog aangebied nie.

‘n Ouer het die personeel uitgenooi vir ‘n uitstappie op sy plaas.

Gunter sê die skool gaan intussen normaalweg voort.

Nadat een onderwyser se positiewe uitslag verlede Donderdag ontvang is, is al sewe onderwysers huis toe gestuur om hulself te isoleer.

LeandreAdmin@