Sewe sokker aanhangers is tydens ‘n sokkerwedstryd by die Toyota Stadion in Bloemfontein, vir opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld in hegtenis geneem.
Die polisie het kort na die voorval die publiek verseker dat hul daartoe verbind bly om die veiligheid en sekuriteit van alle deelnemers by die stadion te verseker.
Hulle het ook verskillende skarebestuur-eenhede ontplooi om orde te handhaaf. Polisie woordvoerder, Sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring die vier kinders wat tydens die naweek se sokkerwedstryd tussen Marumo Gallants en Orlando Pirates as verlore aangemeld is, is met hul families herenig.
Die sewe wat in hegtenis geneem is sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.