Sewe verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die onwettige verkoop van elektrisiteit

 Sewe verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die onwettige verkoop van elektrisiteit

Sewe verdagtes is Woensdag in Gauteng in hegtenis geneem in verband met die onwettige verkoop van elektrisiteit aan voorafbetaalde kliënte.

Volgens Lt.Kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het die ondersoek na dié elektrisiteitsbedrog en diefstal in Mei 2020 in Bloemfontein begin.

Netwerk24 berig Nkwalase het gesê dié sindikaat het sowat R150 000 tot R250 000 per dag in inkomste gemaak.

Luidens berigte het een verdagte Woensdag R100 000 aan ‘n polisielid aangebied as omkoopgeld.

Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 28 en 67 jaar, is in aanhouding en sal na verwagting Vrydag in die Fochville Landdroshof verskyn.

LeandreAdmin@