Sewe verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van antiretrovirale tablette

Sewe verdagtes sal na verwagting binnekort in die Kroonstad-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat hulle in besit betrap is van anti-retrovirale middels ter waarde van byna R2-miljoen.

Die polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê ‘n intelligensie-gedrewe operasie is uitgevoer in samewerking met die taakspan wat onwettige mynbedrywighede ondersoek.

Dit het tot die verdagtes in Kroonstad se inhegtenisneming gelei.

Hy voeg by dat sommige van hulle van Gauteng af kom.

Luister na potgooie hieronder