Sewe verdagtes sal dié week in Bloemfontein in die hof verskyn vir die besit van perlemoen

Sewe verdagtes sal na verwagting dié week in die landdroshof in Bloemfontein verskyn vir die besit van perlemoen ter waarde van sowat R1,3-miljoen.

Netwerk24 berig die sewe verdagtes is in twee afsonderlike voorvalle aangekeer.

In die eerste voorval is drie verdagtes op 23 Augustus op ‘n perseel in Kerklaan, Bainsvlei in hegtenis geneem toe daar afgekom is op 2 881 stukke gedroogde, en een ongedroogde perlemoen.

Nog vier verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem vir die besit van 399 stukke ongedroogde perlemoen.

Kapt. Christopher Singo, Valke-woordvoerder, sê daar word nog ondersoek of die twee voorvalle met mekaar verband hou.

Al sewe verdagtes sal in aanhouding bly tot hulle hofverskyning Donderdag.

Luister na potgooie hieronder