Sewentien leerlinge is in ‘n brand by ‘n kosskool in Kenia dood, met owerhede wat vrees die dodetal kan verder styg.
Daar was minstens 150 kinders in die Hillside Endarasha-koshuis toe die brand Donderdagaand hier uitbreek.
New York Times berig sestien van die oorledenes is onherkenbaar verbrand. ‘n Sewentiende leerling het onderweg na die hospitaal gesterf, en nog 15 kinders ontvang tans mediesesorg.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.