Sewentig kinders word vermis na die verwoestende brand by ‘n kosskool in Kenia wat die lewe van minstens 17 laerskoolkinders geëis het. Die ministerie van onderwys sê daar word vermoed sekere van die kinders wat soek is, het dalk na die nabygeleë woongebied gevlug, of is deur hulle ouers kom haal sonder dat die skool in kennis gestel is.

Donderdagnag se brand het soos blits deur die houtgeboue van die Hillside Endarasha Academy versprei. Resila Onyango, polisiewoordvoerder, sê daar was meer as 150 leerlinge, met ‘n gemiddelde ouderdom van sowat 9-jaar, op die perseel toe die brand uitbreek. Brandbestryders kon daarin slaag om ‘n aantal kinders te red wat onder beddens geskuil het. Meer liggame sal waarskynlik in die puin gevind word terwyl opruimingswerk gedoen word. Veertien kinders word steeds in die hospitaal behandel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×