Philip Snyman se Blitsbokke se aanspraak om as die sewes wêreldkampioen gekroon te word het ’n hupstoot gekry nadat drie sleuetelspelers weer beskikbaar is vir die Los Angeles toernooi.

Ronald Brown, Quewin Nortjè en Mfundo Ndhlovu oefen weer volstoom saam met die span en kan moontlik ingesluit word in hul Groep A-wedstryde teen Frankryk, Brittanje en Argentinië met slegs die top twee spanne wat na afloop van die groepwedstryde na die halfeindronde sal deurdring.

Die Blitsbokke begin hulle veldtog op Vrydag 3 Mei om 21:12 (SA Tyd) teen Frankryk waarna Groot-Brittanje en Argentinië onderskeidelik 00:13 en 03:46 Saterdagoggend met die Suid-Afrikaners swaarde sal kruis.

Die Suid-Afrikaanse vroue span sal ook in aksie wees en pak onderskeidelik Ierland, China en Argentinië in hul groepwedstryde in die Dignity Health Sports Park, Los Angeles.

error: Inhoud is beskerm !!