Die Vrystaatse operasie, Shanela, lewer steeds positiewe resultate. Met die proaktiewe polisiëring is ‘n aantal verdagtes die afgelope week vir verkragting, moord, asook die besit van dwelms en gewaarlike wapens in hegtenis geneem. Shanela speel ook ‘n groot rol in die bekamping van onwettige mynbou en het tot die inhegtenisname van ongeveer 240 verdagtes gelei.
Verskeie Vrystaatse veediefstal verdagtes is ook vasgevat. Onder andere is vier verdagtes, wat na bewering skape gesteel het, naby Bloemspruit deur die Bloemfontein Valke in hegtenis geneem. Dwelmsmouse word ook van die strate verwyder, soos verlede week se Bloemfonteinse beweerde dwelmsous, wat besig was om dagga te verpak om glo by sekere skole uit te deel.
Sersant Mahlomola Kareli moedig die gemeenskap aan om voort te gaan met die verskaffing van inligting wat die polisie bemagtig om moontlike verdagtes te identifiseer.