Die langverwagte Arrive Alive-padveiligheidsveldtog begin vandag.  Hierdie veldtog word in samewerking met Shell Ultra City Pitstop, Life Rosepark Hospitaal, Life EMS, en verskeie ander nooddienste in Bloemfontein aangebied.

Tydens die veldtog sal daar gefokus word om veilige bestuursgewoontes te bevorder, asook om padongelukke gedurende een van die besigste tye van die jaar, te verminder.

Volgens Arrive Alive sal die Shell Ultra City Pitstop as ‘n sentrale punt dien vir bestuurders om te rus en te herlaai, terwyl Life Rosepark, Life EMS en ander nooddienste gereed sal staan ​​om kundige mediese bystand in noodgevalle te bied.

Rosestad 100.6FM sal op die 13de Desember vanaf 9 uur tot 3 uur die middag vanaf die pitstop uitsaai.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×