Daar heers groot kommer oor die voortbestaan van die Shosholoza Meyl-spoordiens.

Die diens moes die naweek skielik gestaak word, toe misdadigers oorhoofse kabels in die Wes-Kaap gesteel het.

Passasiers moes van Wellington af maar per bus verder hiervandaan reis. Die gewilde langafstand-treindiens was voor hierdie insident twee jaar lank buite werking.

Dít as gevolg van probleme met infrastruktuur, asook talle bedryfs-uitdagings. Die Shosholoza is slegs etlike dae voor die kabeldiefstal weer in diens gestel.

Die DA se Thami Mabhena sê hierdie is ‘n bewys van die regering se onbevoegdheid, en gebrek aan toewyding om kritieke kwessies in die spoorsektor aan te spreek en op te los.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×