Oor net meer as 25-jaar, sal 79% van die wêreldbevolking een of ander vorm van ongesteldheid hê as gevolg van klimaatsverandering. Dit, volgens ‘n verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum, of WEF. Netwerk 24 berig dit sluit in hoë bloeddruk, asma en hartsiektes asook geestesprobleme en gestremdheid onder kinders.

Die verslag wat Maandag op Aardedag uitgereik is, het bevind die druk op gesondheidsorgdienste gaan in die volgende 15 tot 20 jaar wêreldwyd geweldig toeneem. Sowat 14,5 miljoen mense sal na verwagting jaarliks weens klimaatverwante faktore sterf. Die veranderde klimaat wat droogtes en vloede insluit, sal ook tot wanvoeding en voedselonsekerheid lei. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×