Siftingstoetse vir a-pokke word nou by alle grensposte na Suid-Afrika gedoen.
Die Grensbestuursowerheid het met die siftingstoetse begin nadat hulle vroeër die week ‘n gereedheidsplan vir die voorkoming van die oordraagbare siekte opgestel het. Minstens 16 gevalle van a-pokke is in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Wes-Kaap bevestig.
Drie mense is reeds aan die siekte dood.
SABC-nuus berig die Grensbestuursowerheid se assistent-kommissaris vir gespesialiseerde dienste, Murdock Ramathuba, sê nooddienste staan hulle by met die hantering van die siftingstoetse. Ramathuba sê reisigers wat volgens die toetse moontlik die siekte onder lede het, word na ‘n gesondheidsinstelling verwys.