Volgens ‘n verklaring van die minister van Justisie, Thembi Simelane, is die berigte dat sy vir die ANC se integriteitskommissie gesê het dat Cyril Ramaphosa, voor haar aanstelling in 2021 as adjunkminister van Samewerkende Regering, al van die VBS lening geweet het, vals.

Sy hou vol dat die berigte nie van haar voorlegging aan die kommissie verteenwoordigend is nie.

Cyril Ramaphosa het verlede  maand, na bewerings van korrupsie tydens haar tyd as burgemeester van Polokwane, ‘n formele verduideliking van Simelane versoek.

INTUSSEN sê die DA in ʼn verklaring as die berig waar is, is die president se stilswye oor die kwessie kommerwekkend.

Die DA se woordvoerder oor Justisie, advokaat Glynnis Breytenbach, sê dat indien die president wel van die begin af bewus was van die saak, laat sy huidige eis vir ‘n verduideliking oor inligting wat hy reeds besit, ernstige vrae ontstaan oor sy oënskynlike weiering om teen Simelane op te tree.

Sy voeg by dat die publiek verdien om te weet hoekom hierdie kwessie nou eers voor die ANC se Integriteitskommissie gebring is

LUISTER HIER:

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×