Die Ierse sangeres, Sinead O’ Connor is aan natuurlike oorsake dood volgens ‘n verslag van haar lykskouing wat gister bekend gemaak is. Die 56-jarige O’Connor is in Julie 2023 dood aangetref in haar huis in Suid-London, enkele weke nadat sy daarheen verhuis het. Die sangeres het ikoon status bereik met haar weergawe van die liedjie “Nothing Compares to U”. BBC berig die polisie het ‘n dag na haar dood geen misdaad vermoed nie. O’Connor is dood 18 maande nadat haar 17-jarige seun Shane, sy eie lewe geneem het. O’Connor is daarna vir depressie gehospitaliseer en al haar optredes vir 2022 is gekanselleer. ‘n Konsert wat hulde bring aan haar en nog ‘n ontslape Ierse ster, Shane Mac Gowan, word vir 20 Maart in New York beplan

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×