Sir Sean Connery oorlede na ‘n kort siekbed

Die legendariese skotse akteur, sir Sean Connery is gisteroggend na ‘n kort siekbed oorlede.  Netwerk 24 berig sy roemryke loopbaan het oor vyf dekades gestrek.  Connery het in Augustus sy 90ste verjaarsdag gevier. Sy seun sê hy het oornag in sy slaap in die Bahamas gesterf.  Connery het in 1962 sterstatus bereik vir sy rol in die eerste James Bond fliek vir die grootskerm.  Huldeblyke van bekendes stroom van oral in.

Luister na potgooie hieronder