Siya Kolisi se verbintenis van elf jaar met Westelike Provinsie het tot ‘n einde gekom

 Siya Kolisi se verbintenis van elf jaar met Westelike Provinsie het tot ‘n einde gekom

Die Springbokkaptein, Siya Kolisi se verbintenis van elf jaar met Westelike Provinsie het tot ‘n einde gekom.

Die Unie het in ‘n verklaring bevestig dat Kolisi vroeër van sy kontrak onthef is wat aan die einde van Oktober sou verstryk, nadat ‘n sogenaamde “oordragfooi” deur ‘n ander unie betaal is.

Kolisi het 118 keer vir die Stormers uitgedraf.

Daar word reeds ‘n geruime tyd bespiegel dat Kolisi hom by die Haaie sal aansluit.

LeandreAdmin@